6 Idees om Kontantvloei te verbeter

Kontantvloei het oor tyd ‘n tipe raaisel vir sake-eienaars geword. Dit hoef egter nie so oorweldigend te wees nie en in hierdie artikel deel ek ses idees om kontantvloei in jou onderneming te verbeter. Dit beteken jy hoef net op SES areas te fokus om ‘n groot verbetering mee te bring.

Area 1 – Groter inkomste

Die eerste stap vir kontantvloeiverbetering is om inkomste te verhoog d.m.v. prysverhoging of om die gemiddelde verkoopswaarde van elke transaksie op te stoot. Dit is NIE die volume van verkope nie. Meer kliënte in die huidige situasie, sal ‘n dramatiese afname in kontantvloei veroorsaak. Fokus op prysverhoging of verkoop items met ‘n hoër totale waarde in elke transaksie.

Area 2 – Verbeter die koste van goedere

‘n Afname in die koste van goedere sal help met die kontantvloei-probleem. Dit kan onderneem word deur prysverhoging of verkoopswaarde per transaksie (soos bo). Verder kan jy die koste van goedere afbring deur van verskaffer te verander of te onderhandel vir ‘n beter ooreenkoms met huidige verskaffers. Daar is baie strategieë byvoorbeeld soos om met verskaffers te werk via ‘n tenderproses, jou verskaffers te laat weet dat jy by ander maatskappye aansoek om kwotasies ingegee het, of self om aanlyn-aankope te oorweeg.

Area 3 – Verbeter die invorderingsproses

Deur vinniger invorderings te doen, deposito’s te vra, betaling te vra met aflewering, en die hele proses te versnel is ‘n goeie manier om kontantvloei te verbeter. Jou finansiële verslae behoort te wys hoeveel dae die gemiddelde bestelling/transaksie se betaling uitstaande is. Die idee is om die dae uitstaande op betalings te verminder.

Area 4 – Verminder voorraad

Soos by Area 3 hierbo, wil jy graag die hoeveelheid dae wat jou voorraad op die rak spandeer verminder. Verkoop ouer voorraad, koop voorraad wat vinniger beweeg, kry voorraad in besendings (consignment) ens.

Implementeer ‘n voorraadsisteem en bondel stadig-bewegende items met gewilder items. Die idee is weereens om die gemiddelde hoeveelheid dae wat voorraad in stoor staan te verminder.

Area 5 – Vertraag betalings aan verskaffers

Area 5 is verskillend van al die res, want hier wil ons eintlik die nommer verhoog. Die sleutel hier is om jou verskaffers later te betaal, maar steeds by die terme van die ooreenkoms te hou. As die bedrag toeneem wat jy verskaffers skuld, neem kontantvloei in jou besigheid toe. Daar is egter ‘n vangplek want die kontantvloei wat jy op hierdie wyse wen, MOET vir operasionele gebruik aangewend word, nie vir nuwe motors en speelgoed nie. Jy kan ook van ‘n 55dae rentevrye kredietkaart gebruik maak, maar jy moet die kaart ten volle afbetaal op dag 50 en die kaart mag net gebruik word om verskaffers te betaal.

Area 6 – Verminder oorhoofse uitgawes

Die laaste area waarop jy kan fokus om kontantvloei te verbeter, is die vermindering van oorhoofse uitgawes of algemene kostes – sonder om effektiwiteit prys te gee. Jy sal byvoorbeeld nie ‘n suksesvolle verkoopspersoon afdank om kostes te verminder nie. Aan die ander kant mag jy dit egter oorweeg om administratiewe personeel te verminder wat nie voltyds nodig is nie. Jy mag selfs van jou kantoorspasie onderverhuur. Kyk mooi na maandelikse uitgawes om te sien hoe jy dit kan verminder. Deur ‘n aankoopstelsel in plek te sit kan jy vra dat personeel eers toestemming moet kry voordat hulle aankope doen. Te veel ondernemings betaal eers en beplan later. Sit eerder ‘n aankoopstelsel in plek waar spanlede die item, koste en rede moet invoer, asook ‘n nommer moet ontvang voordat hulle die maatskappy se geld kan spandeer. Daarby kry jy ‘n opsporingsnommer sodat jy die bestelling kan volg. Baie van ons kliënte was al verbaas oor hoeveel bestellings nooit afgewer is nie, of fakture met hoër pryse wat bestellings vergesel.

Artikel gelewer deur Diederik van Niekerk van ActionCOACH.

Facebook Comments