Alibaba’s World

Gedurende September 2014 het ‘n Chinese maatskappy geskiedenis gemaak deur die grootste aanvanklike openbare aanbod (Initial Public Offering, of IPO) ooit aan te bied. Alibaba, wat nou die wêreld se grootste e-handel maatskappy is, het vir die afgelope tien jaar die aandag van die Amerikaners en die res van die wêreld, ontglip. Vandag het hierdie maatskappy ‘n kliëntebasis tweekeer so groot soos dié van Amazon en hanteer op die oomblik die meeste van die e-handel transaksies in China. Hoe is dit moontlik dat dit ongesiens kon gebeur?

Die outeur, Porter Erisman is een van die eerste Westerse personeellede van Alibaba en ook aan die spits van die internasionale bemarkingsafdeling vanaf 2000 tot 2008. In sy boek, Alibaba’s World wys hy hoe Jack Ma, ‘n Chinese onderwyser, op die leer van onbekendheid tot die wêreld se grootste e-handel magnaat gevorder het. Dit is nog meer asemrowend as in ag geneem word dat Jack Ma twee keer sy toelatingseksamen vir kollege gedruip het.

Porter Erisman deel met ons die wyse waarop Jack Ma die dotcom ineenstorting, die e-Bay en Google hekkies oorwin het. Om met die onvoorspelbare Chinese regering te onderhandel en ook die ongevraagde advies van sogenaamde wêreldklas spesialiste te ontduik, was groot uitdagings om te oorkom in die uitbouiing van hierdie mega e-handel maatskappy.

Facebook Comments