Carling Blue Label Mosselpot

Sjef Michelle Fourie sit hierdie heerlike mossels in ‘n romerige Carling Blue Label-sous voor saam met ‘n Italiaanse Focaccia.  Kry die Focaccia-resep hier. Al die resepte op Sakevrou se leefstylblad word voorberei deur die Food and Beverage Institute en ons gebruik SAB-produk in elke resep.

MOSSELPOT

 

Bestanddele:

100g uie (gekap)

3 knoffelhuisies (fyn gekap)

375ml Carling Blue Label

300g oopgekapte mossels in ‘n halwe dop

200ml room

Sout en peper na smaak

 

Metode:

  • In ‘n groot pot met ‘n deksel, soteer die uie en knoffel in olyfolie
  • Voeg die mossels by en bedek om te stoom vir 2 minute.
  • Voeg een bottel Carling Blue Label by en laat prut vir 5 minute.
  • Voeg room by en prut sonder deksel vir ‘n verdere 5 minute
  • Geur met sout en peper na smaak
Facebook Comments