Castle Lager FOCACCIA

Dié Italiaanse gunsteling word gemaak met Castle Lager wat dit ‘n lekker ryk geur gee. Sit dit voor saam met die Carling Blue Label Mosselpot. Al die resepte op Sakevrou se leefstylblad word voorberei deur die Food and Beverage Institute en ons gebruik SAB-produk in elke resep.

Bestanddele:
630g meelblom
10g kitsgis
10g suiker
10g sout
375ml lou-warm Castle Lager (verhit bietjie in mikrogolf)
30ml olie/botter

Garnering:
olyfolie
grofgekapte roosmaryn, olywe en knoffel

Metode:
• Voeg die meel, sout, suiker en gis bymekaar
• Voeg die lou-warm Castle Lager en olie of botter by die meelmengsel.
• Knie totdat dit ‘n stewige deegbol vorm wat nie meer aan jou hande kleef nie
• Plaas die deeg in ‘n groot bak en bedek met kleefplastiek
• Laat rys tot dubbel die volume
• Voorverhit die oond tot 180°C
• Knie die deeg liggies terug
• Rol die deeg uit tot 10mm hoog en druk dimpels met jou vingers in die deeg
• Smeer olyfolie oor die deegoppervlak
• Strooi grofgekapte knofffel, roosmaryn en olywe bo-oor
• Bak in die oond vir 15 minute of tot goudbruin

Facebook Comments