Fantastiese wortelkoekies gemaak met Brutal Fruit

Hierdie is een van die lekkerste wortelkoeke wat ons nog ooit by Sakevrou geproe het. Sjefs Michelle en Jarine vn die Food and Beverage Institute (FBI) het hierdie wonderlike resep geskep. Geniet dit saam met ‘n yskoue Brutal Fruit.

Bestanddele

285g botter by kamertemperatuur
285g bruinsuiker
5 groot eiers (geskei, by kamertemperatuur)
100ml Brutal Fruit – Perskegeur
170g bruismeel
1 teel bakpoeier
115g rou amandels
115g grondboontjies (grofgekap)
1 teel kaneel
knippie naeltjies
knippie neutmuskaat
½ teel gemaalde gemmer
285g grofgerasperde wortels
Knippie sout
Bestanddele vir die versiersel
115g Mascarpone kaas
225g Roomkaas
85g Versiersuiker
100ml Brutal Fruit – perskegeur

Metode vir die koek

1. Voorverhit die oond tot 180°C.
2. Verroom die botter en bruinsuiker. Voeg die eiergele een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Voeg daarna die Brutal Fruit by en meng goed.
3. Vou die gesifte meel en bakpoeier in die mengsel in. Voeg die amandels, grondboontjies, speserye en gerasperde wortels by. Meng goed.
4. Klits die eierwitte styf en vou versigtig in die deegmensel in.
5. Smeer twee muffinpanne of voer uit met kolwyntjiepapier. Skep die holtes ¾ vol met die deegmensel.
6. Bak vir 20 minute of tot goudbruin

Metode vir die versiersel

1. Meng al die bestanddele en smeer mildelik op die afgekoelde wortelkoekies.
2. Besprinkel met gekapte amandels.

Let wel: Brutal Fruit is nie te koop vir persone onder die ouderdom van 18 jaar nie.

Facebook Comments