Filletskywe in Castle Milk Stout Sjokoladesous

Vandag sit sjefs Michele Fourie en Jarine Mostert ‘n fillet steak met sjokoladesous voor. Die sous word gemaak van Caslte Milk Stout se nuwe sjokoladegeur.  Dit is ‘n heerlike resep en maklik en vinnig om voor te berei.  Geniet dit!


Bief-fillet met Castle Milk Stout Sjokoladesous

Bestanddele
1kg heel bief-fillet
Mediterranean rub en rissievlokkies
2 x 340 ml Castle Milk Stout (Sjokoladegeur)
100 ml room
20ml Maizena gemeng met ‘n bietjie water (om sous te verdik)
50g gekapte donker sjokolade
Sout en peper
Olyfolie vir braai

Metode
Laat die fillet in 1 x 340 ml Castle Milk Stout Chocolate marineer vir 2 ure.
Verwyder en smeer fillet goed met Mediteranean rub en rissie vlokkies.
Rol toe in kleefplastiek en laat in die yskas rus vir 1 uur.
Sny in skywe en seël  beide kante in vooraf verhitte pan met olyfolie.
Plaas op bakplaat en bak vir 15 minute teen 180°C.
Berei die sous deur die die ander bottel Castle Milk Stout te kook totdat dit met die helfte verminder het.
Voeg room en gekapte sjokolade by en verdik met Maziena/water mengsel indien nodig.
 
Koljander Kapokaartappels

Bestanddele
4 geskilde aartappels
100 ml Room
½ teelepel Bakpoeier
Gekapte koljanderblare

Metode
Sny aartappels in blokkies en kook tot sag.
Dreineer, voeg room en bakpoeier by en druk fyn.
Voeg gekapte koljander by en meng goed deur.

Om saam te voeg – Plaas kapokaartappels op bord, rangskik filletskywe bo-op en bedruip met die sjokoladesous.
C
astle Milk Stout is nie te koop aan persone onder die ouderdom van 18 jaar nie.

Facebook Comments