Surf ‘n Turf-sosaties bedien met ‘n Castle Lite Lime-reduksie

Son, see en braaivleis – daar is min van ons wat kan sê dit is nie van ons gunstelinge nie. Met hierdie resep bring die sjefs van die Food and Beverage Institute al die dinge waaroor ons Suid-Afrikaners dol is, op een bord bymekaar.

Al die resepte op Sakevrou.co.za se leefstylblad word voorberei deur die Food and Beverage Institute en ons gebruik SAB-produkte in elke resep.

Bestanddele

30g fyngekapte uie
1 teelepel gekapte knoffel
2 x 200g dikgesnyde biefstuk
6 garnale
1 suurlemoen in wiggies gesny
2 x 340 ml Castle Lite Lime
Basiliekruidblare
Lemmetjieblare
5 ml sojasous
2ml suurlemoensap

Metode

Skud die gas uit een bottel Castle Lite Lime en verdeel in twee bakkies.

Sny die biefstuk in blokkies en marineer in die een helfte Castle Lite Lime en sojasous, plaas in yskas om te verkoel.

Maak die garnale skoon deur die kop, dop en dermpie te vewyder. Marineer in die ander helfte van die Castle Lite Lime en suurlemoensap. Laat rus in die yskas.

Gebruik die tweede Castle Lite Lime vir die reduksie. Giet dit in ‘n kastrol en voeg die uie en knoffel by. Laat dit vir 15 tot 30 minute kook.

Voorverhit ‘n riffelpan. Braai die suurlemoenwiggies tot die merke van die pan op die wiggies sigbaar is. Verwyder die wiggies.

Ryg die blokkies steak en garnale om die beurt met die basiliekruidblare en lemmetjieblare op sosatiestokkies.

Baai die sosaties vir 5-10 minute in die riffelpan tot die vleis en garnale net-net gaar is. Voeg ‘n suurlemoenwiggie op elke stokkie.

Sit voor saam met die reduksie en ‘n yskoue Castle Lite Lime.

Castle Lite Lime is nie te koop aan persone onder die ouderdom van 18 jaar nie.

Facebook Comments