Waarom jy sukkel om gewig te verloor

Miskien is jy een van daardie mense wat voel asof jy alles reg doen, maar jou gewigsverlies staan stil.

Vir baie van ons is gewigsverlies ‘n konstante oorlog. Ons trek weg, is baie opgewonde en besluit ons gaan dit doen! Hier rondom 4 weke is al die entoesiasme weg en ons begin terugval in ou gewoontes uit frustrasie met die resultate.

Kom ons kyk na algemene wanopvattings wag jou dalk terughou:

Fokus op laevet produkte

Dit is goed om laevet produkte te eet, maar baie laevet-produkte is baie hoog in suiker! Jy mag dalk spaar op die vetinhoud, maar die ekstra kilojoules gaan nie help nie. ‘n Pakkie Jelly Tots het 0g vet, maar omtrent 70g koolhidrate per 100g.

1 sny brood = 15g koolhidrate, so as jy ‘n pakkie vetvrye Jelly Tots eet, eet jy in effek amper 4.5 snye brood!

Wenk: Gebruik ‘n sny brood as die maatstaf wanneer jy kos koop of etikette op kosprodukte evalueer. Skakel altyd die koolhidrate per porsie om in snye brood.

Laevet is dus nie altyd “laag in vet” nie. Dit hang ook af van die oorspronklike vetinhoud van die produk. Volroom maaskaas in baie hoog in vet, so die laevet weergawe mag miskien ‘n laer vetinhoud hê as die oorspronklike produk, maar dit is steeds relatief hoog in vet.

Eet lae GI-kos

Lae GI-kossoorte is ‘n goeie keuse omdat die meeste daarvan baie vesel bevat en dit veroorsaak dat glukose stadiger vrygestel word en jou bloedsuikervlakke dus stabiel bly.

Dit is egter belangrik om te weet dat lae GI-kos onder koolhidrate val. Koolhidrate gee energie, so as jy nie al die koolhidrate verbrand wat jy inneem nie (al is dit in die vorm van lae GI), sal jy nie gewig verloor nie. Porsiebeheer is baie belangrik.

Dieet sonder oefening

Dieet alleen sal werk tot op ‘n punt, maar jy sal een of ander tyd oefening moet oorweeg. Gereelde oefening verbrand vet en kilojoules en dit is belangrik in gewigsverlies.

Aan die einde van die dag is dit belangrik om ‘n plan te kry wat vir jou werk.  Kennis is belangrik want dit maak dit moontlik om seker kosse uit te ruil en jou gunstelinge in te werk in jou eetplan.

Ons kliniek spog met gewigsverlies-resultate vanaf 5kg tot 101kg. Dit is moontlik as jy ‘n eenvoudige en praktiese volg wat spesifiek by die kliënt se behoeftes pas. Daarby gee ons opleidingsessies wat kliënte bemagtig om gewig te verloor en dit af te hou.

Gewigsverlies is slegs moontlik met lewenstyl-veranderinge. Die oomblik wat jy dit afskeep tel jy al die sentimeters en kilogramme weer op. Dit is belangrik om met ‘n positiewe gesindheid weg te trek. As jy desperaat is, maak dit alles net soveel moeiliker en onaangenaam, en jou resultate kan baie teleurstellend wees as jy hoë verwagtinge het.

 

 

 

Facebook Comments